|
|
Afrikaans OutreachAfrikaanse Eredienste word elke Sondag aangebied tussen 9vm en 10:00 vm. Gesamentlike Nagmaalsdienste vir die Afrikaanse en Engelse dele van die gemeente vind elke 3 maande plaas. Sondagskool geleenthede word ook geskep saam met Engelse been van St John's Gemeente. Sondagskool geleenthede sal plaasvind tussen 09:50 en 10:30 vm. Hierdie Erediens is 'n uitreikingsaksie van ons gemeente wat dit self ten doel stel om 'n Geestelike hawe aan mense te bied wat na Kanada, spesifiek na die groter Vancouver area geëmigreer het. Ons wil graag almal wat na hierdie deel van Kanada emigreer, uitnooi om met ons te skakel hetsy deur E-Pos of Telefonies. Met hierdie uitreikingsaksie was ons al in staat om mense te help met verskillende behoeftes wat mag opduik. Ons sien daarna uit om julle by te staan. Ons sien uit daarna om jou hier te ontvang. For further information, please contact the Church Office (see "Contact St. John's" for details and addresses). |